Repeterende breuk

'n Repeterende breuk is 'n breuk waar die desimale getal 'n sekere reeks herhaal en dus 'n duidelike patroon vorm.

'n Repeterende breuk is 'n rasionale getal (kyk #Repeterende desimale getal as breuk)

Repeterende breuke word normaalweg afgerond, en slegs 'n sekere aantal syfers word genoteer. So word 2/3 afgerond op:

  • 2 desimale as 0,67
  • 5 desimale as 0,66667

'n Ander skryfwyse is om 'n streep bokant repeterende gedeelte te trek. Byvoorbeeld:

of

Op rekenaars is die streepnotasie egter nie so maklik nie, en word 'n skuinsstreep (/) vóór die eerste en na die laaste syfer van die repeterende gedeelte geplaas. As voorbeeld:

  • 2/3 word 0,/6/ dus 0,6666666...
  • 1/7 word 0,/142857/ dus 0,14285714285714...
  • 7/30 word 0,2/3/ dus 0,2333333...

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search